Wanneer God
ver voel.
God self het gesê: "Ek sal jou nooit verlaat
nie, jou nooit in die steek laat nie.” Hebreërs
13:5
God is altyd by jou, al voel dit nie so nie.
Dis maklik om die Here te dien wanneer dinge goed
gaan. Wanneer jy goeie maats het, pa en ma tevrede is met jou en jy gesond is,
is dit maklik om te sê: “Ek is lief vir die Here.” Maar wat van tye wanneer jou
maats jou kwaad maak, jou ouers jou straf en jy boonop siek voel? Dien jy dan
steeds die Here? Dink ‘n bietjie daaroor.
Soms voel dit of die Here baie ver van ons af is,
maar dit maak nie saak wat gebeur nie, Hy is altyd naby. Hy belowe dat Hy nooit
van jou af sal weggaan of jou in die steek sal laat nie, omdat Hy lief is vir
jou.
Hartseer of slegte dinge gebeur met almal. Skuif in
sulke tye nog nader aan Hom, en hou aan om Hom te aanbid. Hy sal jou help!
Gebed: Here, help my om te bly glo dat U na my omsien al voel dit nie
so nie. Ek weet dat U in goeie en slegte tye by my is. Herinner my asb elke dag
daaraan dat U naby is
No comments:
Post a Comment