Thursday, 28 November 2013


IN PLAAS VAN BEKOMMER, VERTROU OP GOD!

Is jy vandag bekommerd oor jou kind, jou eggenoot, 'n familielid, iemand in jou vriendekring, 'n ouer wat 'n probleem het met een of ander vorm van verslawing? Dan kan jy gerus hierdie stukkie lees wat ek op die internet gekry het. En ek hoop regtig dat dit vir jou sal help om ten minste 'n bietjie rustiger te voel!
 
"Een oggend het 'n man vier langafstand-oproepe ontvang nog voordat hy uit die bed kon opstaan. Almal het probleme gehad wat "dadelik" opgelos moes word.
Hy het vir sy vrou gesê om ontbyt te los, net om te ontdek hy kon nie sy motor aanskakel nie.
Hy bel toe 'n taxi. Toe hy in die taxi klim, skree hy: "Kom ons gaan!"
Die bestuurder vra: "Waarheen wil jy gaan?"
Die man skree: "Ek gee nie om nie, ek het oral probleme!"

Voel jy vandag so? Het jy alles gedoen wat jy kan, maar die situasie het nie verbeter nie? "Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? - laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!" (Jes 50:10 OV).

Let op dat ons op die "Naam" van die Here moet vertrou. God se Naam is vir Hom belangrik omdat dit Sy mag, Sy karakter en Sy getrouheid verteenwoordig. Wanneer jy dus vir enigiets in Sy Naam vra, vertrou jy op Sy mag, Sy karakter en Sy getrouheid. Dit is soos om op 'n rots te staan!
Ons bekommer ons so baie oor gister en môre, en tog is die een al begrawe en die ander een is nog nie gebore nie. Gryp dus hierdie dag met sy seëninge en uitdagings aan en leef elke oomblik daarvan. Moenie verlang na "eendag" nie. "Hy was nog altyd bereid om te help in nood." (Ps 46:2 NV).

Gee eenvoudig jou bekommernisse aan Hom oor en laat Hy na hulle omsien

 

How to Support Someone With an Addiction

People who know someone struggling with an addiction often wonder how to help addicts. The decision to try and get help for someone you care about who has an addiction is never easy. Fortunately, with your support, they have a greater chance of overcoming their addiction. Each situation is unique, but there are some general guidelines that will help you approach this task.

Expect Difficulties

There are many reasons that helping someone you care about with their addiction can be difficult:

  • They may not agree that they have a problem.
  • They may not want to change what they are doing.
  • They may fear consequences e.g., losing their job, going to prison.
  • They may feel embarrassed, and not want to discuss it with you.
  • They may feel awkward about discussing personal issues with a professional.
  • They may be engaging in the addiction as a way to avoid dealing with another problem that bothers them more.

There is no fast and easy way help someone with an addiction. Overcoming an addiction requires great willpower and determination, so if they do not want to change what they are doing, trying to persuade them to get help is unlikely to work. However, you can take steps that will help your loved one to make changes over the long term, and will help you to cope with a loved one with an addiction.

Step 1: Establish Trust
This can be hard to do if the addicted person has already betrayed your trust. However, establishing trust both ways is an important first step in helping them to think about change. Trust is easily undermined, even when you are trying to help.

Avoid the following trust-destroyers:

  • Nagging, criticizing and lecturing the addicted person.
  • Yelling, name calling and exaggerating (even when you are stressed out yourself).
  • Engaging in addictive behaviors yourself, even in moderation (they will think you are a hypocrite).

Be aware that:

  • Although you just want to help the addicted person, they may think you are trying to control them, which can lead to them engaging in the addictive behavior even more.
  • They probably use the addictive behavior at least partly as a way to control stress. If the atmosphere between you is stressful, they will want to do the addictive behavior more, not less.
  • Building trust is a two-way process. Trust is not established by putting up with bad behavior. If you have no trust for your loved one, and do not feel it can be established at the moment, you should read Step 2.
  • People with addictions rarely change until there is some consequence to their behavior. Don’t try too hard to protect the addicted person from the consequences of their own actions (unless it is harmful to themselves or others, for example, drinking and driving).

Step 2: Get Help for Yourself First

Being in a relationship with a person who has an addiction is often stressful. Accepting that you are going through stress and need help managing it is an important step in helping your loved one, as well as yourself.

Step 3: Communicate

Although you may feel tempted to let your loved one know that their addiction is a problem, and that they need to change, the decision to change is theirs. They are much more likely to be open to thinking about change if you communicate honestly but in a way that does not threaten your loved one.

Step 4: The Treatment Process

The treatment process will vary according to the kind of treatment your loved one is getting.

If you are involved in your loved one's treatment:

  • Remember to keep working on establishing trust. Re-read Step 1 before going to counseling with your loved one.
  • Be honest about your feelings, what you want to happen, and what the addiction has been like for you.
  • Do not blame, criticize or humiliate your loved one in counseling. Simply say what it has been like for you.
  • Do not be surprised if your loved one says that things you are doing are contributing to their addiction. Try to listen with an open mind.
  • If you want them to change, you will probably have to change too, even if you don’t have an addiction. If you show you are willing to try, your loved one will be more likely to try as well.

If your loved one has treatment alone:

  • Respect their privacy in everyday life. Do not inform friends, family or others about your loved one’s treatment.
  • Respect their privacy in therapy. If they don’t want to talk about it, don’t push for them to tell you what happened.
  • There are many different approaches to the challenge of how to help addicts, but remember, change does not happen overnight.

 

Monday, 25 November 2013

Wonderlike nuus!!
Saterdagoggend, die 23ste November 2013, was vir al die ondersteuners van Die Rots Paarl 'n heuglike dag!  Nie net alleen het die Bokke die wedstryd teen die Hane gewen nie, maar Die Rots het 'n plek gekry om nes te skop en vanwaar die rehab ook begin kan word!!  Jippieeeeeee!!!! Mense, nou gaan die wiele begin rol en die vonke begin spat soos wat daar gewoel en gewerskaf gaan word om die verslawing van dagga en dwelms te beveg!! Amanda het hierdie "droom" van haar nie net as 'n droom beskou nie, maar haar "droom" nagejaag met alles wat sy in haar het. Julle sal nooit weet hoeveel kilometers het sy agter eiendom aangery net om weer teleurgesteld om te draai nie! Ek dink daardie rooi "Ferrari" van haar se bande is al glad gery agter moontlike huise aan en op soek na huise. Maar sy het nie moed opgegee nie en haar soektog en deursettingsvermoë (en vertroue in God) het vrugte afgewerp. Dit het net weereens vir my, nee vir ons almal, gewys dat God dinge op die regte tyd laat gebeur en dat Sy tyd nie ons tyd is nie. Ons bid so baie kere vir iets of iemand en dan gebeur dit wat ons vra nie. Sulke tyd dink ons vinnig God hoor ons nie of Hy is nie daar nie! Maar dis sulke tyd wat dit waarvoor jy bid, nie gebeur nie omdat Hy van beter weet en weet dit is nie die regte tyd nie. Dankie hemelse Vader vir hierdie huis. Dankie vir Amanda wat onverpoos glo in Die Rots en dankie vir almal wat dieselfde visie het om dwelm en dagga verslawing in Drakenstein te beveg. Of dit nou is om aktief betrokke te raak by die bedrywighede, en of dit nou is om Die Rots blad te ondersteun, en of dit nou is om Die Rots te ondersteun en of dit iets so eenvoudig soos 'n gebed vir Die Rots en Amanda is. Dankie vir alles! Baie dankie Amanda!

Wednesday, 20 November 2013

DIE KRAG VAN ONS GEDAGTES

Februarie 13, 2011 in Sonder kategorie
 
Ek dink, daarom is ek.

Hierdie oorbekende woorde is deur René Descartes ‘n paar eeue gelede gespreek en is seker een van die bekendste Filosofie 101 clichés.
In die moderne folosofie of denkwyse kan ‘n mens ‘n hele paar wysigings op hierdie bekende woorde aanbring.
 
Ek is wat ek dink ek is.

As ek dink ek kan iets doen, kan ek dit heelwaarskynlik doen.

As ek dink ek kan nie, is ek waarskynlik reg.

Ons denke is een van die kragtigste intrumente waarmee ons ons eie sukses of mislukking kan bewerkstellig.
Dit is met ons denke wat ons keuses maak. Ons keuses speel ‘n belangrike rol in die uitkomste van ons lewe.
Joyce Meyer het twee boeke oor ons denke laat verskyn. (Ek wou dit anders stel, maar blykbaar het my speltoetser die laaste sê en as ek weer op die skerm loer, is my sinne sommer totaal verander, blykbaar om taalkundig meer korrek te wees. Nogals irriterend soms).
Die eerste boek is Battlefield of the Mind, in Afrikaans vertaal as Wen die stryd in jou gedagtes. Ek het nie die boek gelees nie omdat ek onlangs eers bewus geraak het van die bestaan daarvan.
Die tweede boek is Power Thoughts, of in Afrikaans : Verstaan die Krag van jou Denke.
Ons selgroep het dit goedgedink om hierdie jaar die boek te bestudeer en te bespreek en ek wil dus graag ‘n klompie blogs wy aan die onderwerp.
Daar is belangrike redes voor:

Eerstens hoop ek om self baie uit die bestudering van die boek te leer. Wat ek leer, deel ek graag. Dis die doel van blogs.

Tweedens is dit tog so dat waardes ook in ons gedagtewêreld versterk of verswak word.
As ons ons waardes vertroetel en bedink, versterk ons dit in ons gedagtes.
As ons vir onsself begin wysmaak dat dit nie ‘n belangrike waarde is nie, gooi ons dit baie gou oorboord.
Derdens is dit so dat mense so maklik negatief raak. Ekself is dit dikwels, veral as ek koerant lees. Dit lyk of ons ‘n vergeefse stryd voer teen misdaad, korrupsie, waarde-erodering. As ons dus nie leer om ons gedagtes positief te rig nie, kan ons gou in ‘n gat van depressie verval. Ek dink dit is daarom nodig om onsself te omring met positiewe gedagtes. Ek wil dus graag daaroor skryf en met almal deel.

Joyce se inleidingsparagraaf begin dan ook so:

“Ons denke gee aanleiding tot sekere ingesteldhede en beskouings; dit beïnvloed ons verhoudings; dit bepaal hoe produktief ons op persoonlike en professionele vlak is en dit speel ‘n groot rol in ons algemene lewenskwaliteit.”

Die aanmoediging van ander mense speel ‘n groot rol in hoe ons ons gedagtes rig.

Vanaf babadae sal ‘n ouer se kommunikasie met sy kind oor “jy kan” sy selfbeeld versterk en “jy kan nie” (op vlak van potensiaal) dit afbreek. Ander mense se ontmoedigende woorde en jou eie gedagtes soos “Ek is nie mooi/slim/talentvol genoeg nie” word dikwels selfvervullende professieë, omdat dit so diep in ons denke ingewortel raak dat dit ons besluitnemingsprosesse beïnvloed.
Spreuke 23:7 lui: “Want soos hy dit in sy siel bereken, so is dit.”
Ons moenie daarmee aanvaar dat alles wat ons bedink, net so gaan gebeur nie – dit is ‘n humanistiese uitgangspunt. (Sukses kom nie vanself omdat ons dit bedink nie, ons moet ook gaan doen en ons moet realisties wees oor ons eie vermoëns en onvermoëns – wat iets anders is as om dit so te bedink dat dit ons hele benadering beïnvloed).
‘n Misrabele lewe is die gevolg van misrabele denke. Mense besef nie dat hulle ‘n verskil in hul eie lewe kan teweegbring deur hul denke te verander nie.
Satan gebruik ons gedagtes op groot skaal om ons te weerhou daarvan om ons lewensroeping te vervul. Die stryd in ons gedagtes is voortdurend en daarom kan ons nooit ‘n eenmalige besluit tot positiewe gedagtes neem nie- dit moet ‘n lewensgewoonte raak wat ons doellbewus en voordurend vertroetel en kweek.
Ons denke is self belangrik vir ons liggaamlike gesondheid en ons verstandelike en emosionele welstand. Navorsing het dit reeds bewys – mense met positiewe gedagtes oor hul gesondheid, kan vinniger herstel van siektes as mense wat pessimisties daaroor is.
Wat jy ook al in jou gedagtes koester,
is geneig om in jou lewe tot uiting te kom.
As jy aanhou glo soos jy altyd geglo het,
sal jy aanhou optree soos jy altyd opgetree het.
As jy aanhou optree soos jy altyd opgetree het, s
al jy aanhou kry wat jy altyd gekry het.
As jy ander resultate in jou lewe of jou werk wil hê,
hoef jy maar net anders te dink.
Anoniem, soos aangehaal deur Joyce Meyer

Monday, 18 November 2013

Die Waarheid Oor Noupoort

(Hierdie artikel het in die November 2010 uitgawe van die tydskrif Juig verskyn. Rehabilitasiesentrums loop gereeld deur onder "gerugte" wat deur verslaafdes,  wat nie bereid is om hulle verslawing te los, versprei word.)
 
Daar word dikwels met afkeer en intense kritiek in Christen- en sekulêre kringe van “Noupoort” gepraat en mense het hierdie rehabilitasiesentrum al dikwels van ontstellende insidente beskuldig. Dis baie hartseer dat die meeste van hierdie beskuldigings ongegrond is en eensydige kritiek lewer - dikwels selfs tweede- en derdehandse skindernuus.

SKOKKENDE PUBLISITEIT
‘n Paar jaar gelede het ek, in die lig van die skokkende artikels wat oor hierdie sentrum gepubliseer en op televisie vertoon is (‘n jongman is daar oorlede), besluit om self te gaan ondersoek instel. Ek was bekommerd dat Christene oor die algemeen deur dié sentrum in ‘n swak lig gestel word en ek was vasbeslote om agter die kap van die byl te kom.

Noupoort is òf ‘n baie swakbestuurde sentrum met kommerwekkende rehabilitasiepraktyke (soos die pers berig het), òf dit was maar net nog ‘n voorbeeld van ‘n aanval wat deur die sekulêre media in bevooroordeelde verslae en onregverdige beskuldi­gings op ‘n Christen-instelling geloods is op grond van die morele waardes wat daar gehuldig word. Dus het ek, as vryskut-joernalis wat toe vir TODAY Magazine gewerk het, met Noupoort geskakel en gevra om met die eienaar te praat. Ek is na Pastoor Sophos Nissiotis, ‘n Griekse pastoor, voorheen van Rhema Kerk, wat Noupoort-Christen-sorgsentrum 18 jaar gelede in die dorpie Noupoort - in die Karoo - saam met sy vrou Gladys, gestig het, verwys.

ONAANGEKONDIGDE BESOEK

Ons het vir meer as ‘n uur oor die foon ge­sels en ek het hom oor sekere van die moeilike dinge (soos “korrektiewe intervensie”, “handearbeid”, “werk met ‘pitbulls’”, ens.) waaraan studente onderwerp word, uitgedaag. Sophos het al my vrae beantwoord en sy weergawe van die feite gegee (die ‘teenoorgestelde‘ as wat in die sekulêre media verskyn het).

Hy het my ook uitgenooi om die sorgsentrum onaangekondig te besoek en self te sien wat op ‘n daaglikse basis daar gebeur. Verskeie weke daarna is ek, die voormalige Redakteur, Nico Bougas, en ‘n ka­meraman al die pad Noupoort toe. Met ons aankoms daar, was ek baie geskok om te sien dat daar absoluut geen heinings of mure om die sentrum was nie. Ek skat ek het uit die mediaberigte afgelei dat dit soos ‘n tronk sou lyk!

VERRASSENDE ERVARING

Nog iets wat my grootliks verras het, was dat ‘n groep jongmense op ‘n muur gesit en almal gerook het! Hulle het ons skaars gegroet, maar net aangegaan met gesels, in die tuin gewerk en mure geverf. Nadat ons eers by die gastehuis waar ons sou oorbly, ‘n draai gemaak het, het ons die pastoor geskakel en is vir koffie genooi.

Met ons aankoms by hom, moes ek ‘n privaatoproep in die tuin neem en was absoluut bevrees toe ek ewe skielik deur veghonde (‘pitbulls’) omring is. (Hulle was nie aggressief nie). Sophos het my verseker dat hulle baie mak was en my binnegenooi.

Ek is baie bekend vir my reguit, en soms konfronterende, styl. Ek het Sophos direkte vrae oor alle belangrike beskuldi­gings gevra. Dit was baie duidelik dat hy my vrae en direkte benadering waardeer het. Sy antwoorde was ernstig en opreg. Hy het verduidelik waarom hulle met ‘pitbulls’ en nie poedels nie, werk en het ook na die ongelukkige insident van die jongman wat by die rehabilitasiesentrum dood is en soveel media-reaksie ontlok het, verwys.

Verskeie ander dinge waaroor ek duidelikheid wou hê, het ter sprake gekom. Later het ek en my kollega op ons eie op die terrein rondgestap, met die pasiënte, die dorps­polisie en selfs die dorpsinwoners gesels. Ons was baie verras om te ontdek dat daar ‘n heeltemal anderkant as die sensasionele mediastories is.

‘KORREKTIEWE DIENS’

Daardie aand het ons gaan uiteet (in die dorp se enigste restaurant wat deur die pasiënte bestuur word) en ‘n onderhoud met die superintendent gevoer. Die volgende oggend het ons die NCC-kerk, wat deur Pastoor Sophos gelei is, bygewoon. Ons is ook later na die ‘korrektiewe huis’ (CI) – ‘n huis wat ongeveer 2 km van die hoofgebou is en waar die oortreders aangehou word. Ek het baie vrae gehad en het met al die pasiënte wat daar was, gepraat. Dit was vir hulle, uit die aard van die saak, baie moeilik omdat hulle in afsondering was en hulle dae is deur die strafste oefeninge gevul. Hulle het egter almal baie fiks en gesond gelyk.
Inwoners wat nie by die reëls en regulasies van die sorgsentrum hou nie, of wat aktiwiteite ontwrig, word vir ‘n rukkie na dié huis ge­stuur. Indien hulle rebelse fase voortduur, word hulle gevra om te gaan en hulle verbeur die koste. Ons het besluit om ‘n paar getuienisse in te sluit omdat dít nie in die sekulêre pers gepubliseer word nie.

GETUIENISSE VAN GEREHABILITEERDE DWELMSLAWE

Fabian Grenz was vir 26 maande ‘n kliënt van Noupoort en het die hele program deurloop. Hy is in 1998 toegelaat nadat hy vir 14 jaar lank aan alle dwelms verslaaf was. Sy verslawing, hoofsaaklik gebore uit groepsdruk en nuuskierigheid, het op 15-jarige ouderdom by crack/kokaïne begin. Fabian was 5 keer by ander sentrums voordat hy uiteindelik by Noupoort uitgekom het.

Die berader het ten einde laaste aanbeveel dat hy Noupoort toe moes gaan omdat hy regtig ‘hardcore’ was en nie by ander sentrums vordering getoon het nie. Hoewel Noupoort stowwerig en onvriendelik gelyk het, was die mense by dié afgeleë sentrum geensins onvriendelik nie. Na twee maande het hy probeer wegloop omdat hy nie ernstig was oor die herstelproses nie. Hy het teruggegaan en die program vir agt maande gevolg, vrywilliglik aangebly vir nog twee jaar en is nou reeds tien jaar ‘skoon’. By Noupoort het hy die Here vir die eerste keer ontmoet en ‘n verhouding met Hom ontwikkel.

Hy het daarvandaan teruggekeer na ondersteunende ouers, ‘n goeie werk, by ‘n kerk en selgroep ingeskakel en kyk vir geen oomblik terug nie. Fabian voel sterk daar­oor dat Noupoort by almal aanbeveel kan word. Dwelmslawe soek dikwels die maklike manier sonder die nodige dissipline en steunstelsels, maar dit werk eenvoudig nie.

Hy gaan gereeld vir kort besoeke terug om diegene wat nou rehabilitasie ondergaan, te bemoedig omdat dit ui­ters noodsaaklik is om die hele program te voltooi. Slegte gewoontes moet totaal gebreek word. Korter tye aan ander sentrums sonder God se hulp, is nie suksesvol nie. Hy is beskikbaar om met enig­iemand oor versla­wing of Noupoort te gesels. Skakel hom by 083 443 2448.

‘N TWEEDE KANS...
Marco Brocarrdo is in 1999 opge­neem nadat hy ongeveer 5 jaar lank in die greep van dwelms was en 3 maal selfmoord wou pleeg en reeds by 3 ander plekke, Houghton House, Nova Lodge en Sterkfontein, was vir hulp. Vir hom was die eerste indrukke van Noupoort skrikwekkend en die program uiters moeilik. Hy was nie ‘n Christen nie en die ‘Christen-bedrywig­hede’ het hom afgeskrik. Binne ‘n week het hy Jesus leer ken en sy lewe het verander. Hy het uiteindelik 3 jaar vrywillig gebly. Marco beklemtoon dat dwelmslawe nie van reëls en dissipline hou nie, nog minder van fisiese werk. By Noupoort het hy geleer wat verantwoordelikheid is en dat jy jou eie probleme moet hanteer. Hy het ook sy vrou daar ontmoet, besit nou sy eie besigheid en is reeds 11 jaar lank ‘skoon’.

Hoewel hy Noupoort sterk aanbeveel, waarsku hy dat enige eks-verslaafde se stryd eers begin as jy daar uitstap. As jy aan Jesus vashou, by ‘n kerk en selgroep inskakel om jou verhouding met Hom te versterk, word die stem van die versoeking al dowwer. Noupoort het, volgens Marco, sy negatiewe beeld gekry omdat die sekulêre pers in­gezoem het op die negatiewe inligting van verslaafdes wat nog nie ‘skoon’ was nie en dus nog nie ‘n objektiewe oordeel kon fel nie.

Hulle was nog in die rebellie-stadium en die pers het dit uitgebuit omdat sensa­sionele of slegte nuus verkoop. Vir ouers van verslaafdes het hy dié raad: “Tough people need tough discipline!” Vir meer inligting, kan hy geskakel word by 011 215 7140.

GETUIENIS VAN ‘n MA
Mevrou J.Z. se seun was vir ongeveer 7 jaar verslaaf aan heroïne, was eers vir rehabilitasie by Stepping Stones, maar het weer teruggeval. In 2001 is hy by Noupoort toegelaat nadat hulle by ‘n kennis daarvan gehoor het.

Haar seun het besef dat hy baie dring­end hulp nodig het en het, nadat hy een keer gedissiplineer is omdat hy hom nie aan die maatreëls wou onderwerp nie, met die program en dissipline saamgewerk. Hy het sy eie kamer gehad, hy kon sy skoolloopbaan voltooi en het wonderlike steun van die onderwysers daar gekry. Die dissipline is baie streng, maar die personeel baie ondersteunend en hulle kan net met lof van Noupoort praat. Sy en haar man het tydens hul seun se verblyf daar, drie keer by hom gaan kuier. Aanvanklik was dit vir hulle baie moeilik om hul seun in die omstandig­hede te sien; tog was die verbetering wat gaandeweg ingetree het, vir hulle as ouers, baie bemoedigend.

‘n LEWE VIR ALTYD VERANDER
Hy het die volle 52-week-program gevolg, teruggekom huis toe en moes weer stelselmatig sy ouers se vertroue wen. Hy het reeds verskeie naskoolse kursusse voltooi en is na 8 jaar nog steeds op die regte pad. Sy beveel Noupoort baie sterk aan omdat sy weet dat haar seun daar gehelp is. Enige ouer wat met haar wil kontak maak, kan ‘n e-pos aan toi@juig.co.za stuur en ons sal dit aan haar deurgee.

IETS OM OOR NA TE DINK
Nie elke ouer het ‘n gloei­ende getuienis oor Noupoort nie (Blaai om en lees die briewe op die volgende blad). Baie het die sentrum gekritiseer, ook in die openbaar - deur koe­rante en televisie. Ongelukkig is dit so, as iets eers gepubliseer is, kan dit nie maklik weer reggestel word nie. Ek kon Pastoor Sophos en Gladys se erns en opregte omgee vir die dwelmslawe aanvoel. Die Heilige Gees het my bewus gemaak van die feit dat hulle verkeerd in die media uitgebeeld word en dat hulle inderwaarheid honger is na Goddelike samesyn en steun van ander Christene – iets wat hulle ontneem is omdat Christene en nie-Christene hulle vermy.

BESLUIT SELF
Ek wil geen leser vír of téén Noupoort beïnvloed nie, maar ek moedig julle aan om hierdie artikel baie noukeurig te lees, hul webwerf te besoek, die sorgsentrum te skakel of self te gaan kyk wat alles daar aangaan. Indien enigeen vir jou iets slegs vertel, ondersoek die saak en vind eerstehands uit of dit die waarheid of slegs gerugte is. Dwelmverslawing is ‘n doods­vonnis en sonder rehabilitasie en gepaste intervensie, sal jy beslis jou geliefde ‘verloor’.

Noupoort is beslis nie ‘n rehabilitasiesentrum vir alle dwelmverslaafdes nie juis omdat dit so streng is en ‘n veeleisende program gevolg word (maar beslis niks er­ger as basiese Weermag-opleiding nie - iets waaraan die meeste jongmense vandag glad nie gewoond is nie en as straf en verbreking van hul ‘menseregte’ sal beskou).

As daar egter in ag geneem word dat hulle met die gehardste dwelmslawe in die land te doen kry en hul sukseskoers in ag geneem word, is Noupoort die effektiefste dwelmrehabilitasiesentrum in Suid-Afrika. Hulle fokus ook daarop om mense deur die Evangelie van Christus te bereik en sodoende hul lewens vir ewig te verander en hulle ‘n lewenslange waarborg op ‘n dwelmvrye lewe te bied. Dit is te verstane dat indien jou kind aan dwelms verslaaf is en jy moet toekyk hoe hulle deur die moeilike rehabilitasieproses wroeg, dit vir enige ouer baie ontstellend sal wees.

‘n Mens moet egter baie versigtig wees om nie ongegronde of sensasionele beskuldigings teen die sorgsentrum rond te gooi bloot op grond van eie persoonlike probleme wat jy in die gesig moet staar nie. Eweneens is die getuienis van dwelmslawe (wat bedrewe leuenaars en manipuleerders is) nie altyd betroubaar nie.

TER AFSLUITING
In die verlede het dwelmslawe al leuens oor Noupoort versprei bloot omdat hulle die sentrum wou verlaat om aan die roetine en dissipline waaraan hulle nie gewoond wil raak nie, wou ontkom. (Soos die geval was met die jongman links). Dit is waarom verantwoordelike verslaggewing in die pers uiters noodsaaklik is – maar nie altyd ge­skied nie.

Soos wat in verslae oor Noupoort in prominente koerante gesien kan word, het Noupoort telkens in die sekulêre pers aan die kortste ent getrek – en tog weier die media om hulle foute te erken en skryf slegs ‘n baie klein verskoninkie wat iewers in die publikasie versteek word. Dit is uiters noodsaaklik dat ouers en lesers die waarheid vir hulself vasstel deur self ondersoek in te stel. Moenie altyd glo wat die sekulêre pers verkondig nie!

Monday, 11 November 2013

7 Truths About My Addict That Took 5 Years To Learn
http://intervene.drugfree.org/2009/11/7-truths-about-my-addict-that-took-5-years-to-learn/




I feel deep empathy toward parents just beginning the terrible journey of their child’s drug addiction — and those facing the turmoil of a next step: rehab, incarceration, dislodging the addict from the family home. These are still open and fresh wounds for my wife and me.
Following are seven hard lessons we’ve learned in our journey, all of which we denied in the beginning. We fought with ourselves and with each other about these things. It didn’t matter who was telling us the truth, we knew better, after all he was our son. We have come to accept these truths and now it is much easier to deal with the heartache and we’ve become more effective helpers for our son/addict.
1. Parents Are EnablersWe love our sons and daughters. We would do anything to remove the pain. Take away the addiction. Smooth the road. We’d give our life if it would help. I once wrote a letter to my son about using drugs. I used the analogy of him standing on the railroad tracks and a train (drugs) is blasting down the tracks and blaring its horn but he hears nothing. I told him it was my job to knock him out of the way and take the hit, that’s what fathers do. I understand now, I was wrong. All that would do would leave me dead on the tracks and he would be standing on another set of tracks the next day.
We raised our children the best way we knew how. At some point they made decisions that set them down this path. We can only support them and provide them opportunities to make another decision. This is a hard one. That is why at times sponsors, recovering addicts, police officers, probation officers, corrections officers, pastors, counselors can all do a better job than we can in showing our addict the correct path. That is difficult because no one loves our addict like we do but we cannot do what they need when they need it.
2. I Cannot Fix This
This goes to what I wrote above. This is a problem only our addict can fix. A concept such as this is very hard for me to accept because I try to fix everything. No one is allowed in our addict’s mind except them. They are the only ones that can decide to do something about this. This will not end until they decide to end it. Parents trying to make that decision for them only results in failure and frustration.
3. My Addict Is A LiarAddicts will say anything to hide their addiction and take any action to mask the problem. I honestly believe at the time they do not even realize they are lying, they just say whatever they think you want to hear. I believe they have motives in this to seek approval and to give us pride. I believe addicts do not like themselves or what they are doing but at some point they can see no door out. Their only mechanism for survival is to seek somekind of approval through lying, even if they know they will be busted. I believe it offers a similar instant gratification as drugs. I think even a smile of approval from a loved one shoots off those chemicals in the brain that gives them a different high, even if it lasts only a couple seconds. When my addict tells me he is not using I really don’t hear it. I tell him often, “My eyes can hear much better than my ears.” Just as we seek evidence of their using, we must seek evidence of their NOT using. Do not rely on faith that they are not using because they told you.
4. My Addict Is A Criminal
Symptoms of this disease include illegal behavior. That is why he is incarcerated. Face up to it, Dad and Mom. He has done things wrong and he must pay the price, as they say, his debt to society. It does no good to bad mouth the police, the judge, the jail, the lawyers they did not put him there. He put himself there. When we see others on TV and in jail we think about how much they deserve to be there but our babies aren’t like them. We can justify and separate the wrongs by misdemeanor and felony but those are legal terms. The long and short of it, my addict has done things that got him put in there and he must pay.
5. Others Don’t Want Them Around
That is OK. He has wronged many people. We are the parents, it’s called unconditional love. It is not wrong for friends, brothers, sisters, grandparents, relatives to have their own feelings and pain about this situation. Some families have great support and no one abandons the addict, some people decide they do not want the trouble of an addict in their life. That is OK. We all get to make the choice and there is no wrong choice, it is just a choice by those people.
6. Life Will Not Be The SameAt 5 years old my son thought he was Michelangelo of Teenage Mutant Ninja Turtles. Running around the house with an orange bandanna tied around his head brandishing plastic weapons fighting evil and the bad guys. When we look at our addicts we see that 5 year old and mourn the loss and try anything we can to get them back. My addict is now a 21-year-old man. He is every bit an adult with at times a child’s maturity. But our world recognizes chronological ages, not maturity levels. Parents must do that too. I believe Michelangelo is lost inside of him. Those that are lost sometimes find their way back, but some do not. I can grieve this loss but it will not help him or us to move forward. An addict does not live in the past or the future. An addict lives in the here and now, if you want to help your addict you must live in the same world he does.
7. Homelessness May Be The Path He ChoosesMom works in downtown Kansas City. When you drive down there you see homeless people with signs and some of them living under the bridges. They are dirty and hungry. They very likely are addicts, alcoholics or suffer from a mental illness. The one common denominator for all of these men and women living alone and homeless is that at some point in their life they had people that loved them. They are sons, daughters, brothers, sisters, cousins, and friends to someone. That doesn’t change their situation. They made choices that got them to this point. They can make other choices, and there are people and organizations to help them change. The key is, they must make the decisions. If our son makes the decision to live this way, it will hurt me terribly but he will do this until it is time for him to change, I cannot change him or those circumstances. It will not help him for me to give him a bed in my home if he continues to live the lifestyle.
Why is This Important?
We struggled mightily against these truths, fought with every ounce of strength. We lost our fight. We have accepted what we wished was not true. My learning is: until you understand the truth you cannot find peace within yourself or really be able to help your addict. Accepting the truth is what allows you to help your addict by helping yourself.
I do not hate my son for using drugs and putting all of us through this pain. I hate the things he does. I hate the lying, the stealing, the using. I love my son very much, I hate his ways. It is perfectly okay to separate the two.

Thursday, 7 November 2013

Thank you Prayer to God:


Thank you God for giving me another day,
another chance to become a better individual,
another chance to give and experience love.
Thank you God for giving me health, for the food you provide,
for the awareness you have awaken in me...
Thank you for the energy that feeds my soul, the sun that warms our bodies and the air that fills our lungs... Because of you I believe in the good without the bad and the ugly, because of you I am learning to love and accept myself, because of you I believe in believing. My source, stay connected to me today and always, for I need you in order to fullfil my spiritual tasks...God, show me how to love myself, to be able to love others. Help me become the type of person that I would like to befriend, help me forgive myself and forgive others... God, make me a channel of your energy and help me understand. I thank you God for giving me another day, another unused opportunity to do it right. Keep us all close to you and listen to our prayers.Amen.

Wednesday, 6 November 2013

Die Rots in my pad!
(Skrywer onbekend)

‘n Seuntjie het buite gespeel en hy was besig om vir hom huisies te bou en paaie te maak sodat hy met sy karretjies daarop kon ry. In die proses was daar n baie groot rots wat in sy pad was, en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie gaan haal en n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs. Die sweet het hom afgetap, en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder n boom op n bank gesit het, en hierdie hele petalje aanskou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra: “Boetman het jy nou alles probeer?” Baie verontwaardig se hy vir sy pa: “Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie”.
Sy pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gese: “Maar jy het nog nie als probeer nie”. Boetman het opgespring en gese: “Maar pappa het gesien hoe sukkel ek” En toe antwoord sy pa in n sagte stem, “Nee my seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie”.

Here hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of sê beweeg dit nie, en as ons dan op ‘n hopie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: ” My kind, het jy my al gevra” Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons na U toe as ‘n laaste poging!

Monday, 4 November 2013

Waarom God pyn en ellende toelaat … Hierdie is een van die beste verduidelikings!
’n Man het na die haarkapper gegaan om sy hare en sy baard te sny en te knip. Soos wat die barbier knip-sny, het ʼn aangename gesprek gevolg.
Hulle het oor baie dinge en  verskeie onderwerpe gesels. Toe hulle uiteindelik die onderwerp Hemelse Vader aanraak, sê die barbier: “Ek glo nie God bestaan nie!”
  

“Hoekom sê jy so?” vra die kliënt. “Wel, gaan net straat toe, dan sal jy besef dat God nie bestaan nie. Sê my, as God dan bestaan, sal daar so baie siek mense wees?
Sal daar dan so baie verwaarloosde kinders wees?”


Indien God bestaan, behoort daar nie ellende nog pyn te wees nie. Ek kan nie dink dat ʼn liefdevolle God sou al hierdie dinge toelaat nie.”
Die kliënt het vir ʼn wyle diep gedink, maar hy het nie gereageer nie, aangesien hy nie in ʼn verdere argument betrokke wou raak nie.
Die barbier het sy werk klaar gemaak en die kliënt het die winkel verlaat.

Net nadat hy die haarkappery verlaat het, sien hy in die straat ʼn man met lang, gekoekte, vuil, toutjiesrige hare en ʼn ongeknipte baard. Hy lyk vuil en onversorgd. Die kliënt draai om en gaan die haarkappery weer in en sê aan die barbier:
“Jy weet wat? Barbiere bestaan nie!”
“ Hoe kan jy so sê?” vra die verbaasde barbier. “Ek is hier en ek is ʼn barbier. En ek het jou netnou gehelp!”
“ Nee!” roep die kliënt uit. “Barbiere bestaan nie, omdat, as hulle sou bestaan, sal daar geen mense met slordige vuil lang hare en ongeknipte baarde, soos die man daar buite, wees nie.”


"Aha, maar barbiere BESTAAN!  Dit is wat gebeur wanneer mense nie na my toe kom nie.”
“Presies!” knik-sê die kliënt bevestigend. “Dit is die punt!  God BESTAAN, ook!!  Dit is wat gebeur wanneer mense nie na Hom toe
gaan nie en nie na Hom opkyk om hulp nie. Dit is die rede hoekom daar soveel pyn en ellende in die wêreld is.”
 







Friday, 1 November 2013

Getuienis oor dwelmverslawing deur 'n dwelmverslaafde:

(http://www.ministriesworldwide.net/index.php/articles-and-stories/testimonies/6183-n-getuienis-oor-dwelmverslawing)

Ek wil my storie begin deur om vir julle te vertel wat my agtergrond was voordat ek met dwelms begin het. Nie om te brag of om groot te praat nie. Net om vir julle 'n idee te gee dat dit met enige iemand en met enige persoon, ek bedoel regtig dit kan met enige iemand gebeur. Maak nie saak wie of wat jy is nie. Ek het baie vriende gehad en ek het meestal met almal goed oor die weg kom. Ek het gemiddeld op skool gedoen en het Cravenweek rugby gespeel. Ek het ouers wat definitief van die beste ouers ter wêreld is, MAAR ek het dinge te veel as vanselfsprekend begin aanvaar. Ek kom uit 'n baie liefdevolle huis en vandat ek kan onthou het my ouers my van Jesus vertel en van hoe lief Hy my het. My ouers het ook nie nonsense gevat nie. Maar toe ek na skool Londen toe is, het die dwelms erg begin raak. Ek het al op skool in Graad 9 begin dagga rook en gedink dis niks, want almal doen dit. En met almal bedoel ek weereens ALMAL. En ja 'n mens dink jou kind is in 'n goeie skool en ja hulle is, maar dis by die kinders in die skool waar die probleem lê. Dit gebeur selfs in my skool , Hugenote Hoërskool, die skool op waarop ek tot vandag toe nog baie trots is. Kinders deal dwelms in ons skole. Sommer hier in ons pragtige dorp Wellington. Ek was by onskuldige "house parties" en op die ou einde van die aand was ons almal lekker dronk en het niemand meer omgegee nie dan het ons dagga gerook. Net omdat dit so alledaagse ding geword het. Maar dis nie waar dit gestop het nie. Dit was eers net naweke en toe deur die week en later elke dag.Toe ek in Londen was met geen ouers wat vir my gaan sê wat om te doen en wat om nie te doen nie, het ek met chemicals, jou meer hardcore drugs begin. Eers met cocaine en ecstacy. Toe ek terug kom in Wellington het ek van die dwelm tik of crystal meth gehoor en dit toe een aand gerook. As ek maar net geweet het dat een aand al lankal een te veel is. Dit is hoe verslawend tik is. Een aand en dan is jy verslaaf. Hoor wat ek vir julle sê!!!! Ek weet. Al sê wie ook WAT vir jou. Een keer is EEN KEER te veel! Sommer die volgende dag het ek weer gevat en van toe af was dit 'n jaar en 'n half van hel.
Ek het eers genoeg geld gehad om my habit te support. Die dealers gee mos vir jou sommer 2 keer so veel vir 'n lae prys. Natuurlik , net om jou verslaaf te maak, want as jy eers verslaaf is, dan het hulle jou net waar hulle jou wil hê. En natuurlik as jy eers verslaaf is, doen jy enigiets vir geld. Al wat in jou lewe bestaan is 2 goed, 'n manier om geld te kry en natuurlik om dwelms in die hande te kry. Ek het eers begin deur om na house parties toe te gaan en as almal lekker dronk is, het ek begin rondkyk en goed begin steel om na die dealer te vat in ruil vir dwelms. Soms ook sommer van my vriende. En die ergste van alles is dat ek nie eers sleg gevoel het as ek gesteel het nie.Ek het inteendeel goed gevoel, want ek het geweet ek gaan my fix kry. Jy is in 'n ander mindset. 'n Criminal mindset. Jy is die selfsugstigste persoon wat 'n mens kry. Later het ek so paranoid geraak dat ek nie meer na house parties toe kon gaan nie. Reg volgende plan. Eers net dit. 'n Dwelmverslaafde is 'n meester manipuleerder. As hy iets wil hê, dan kry hy dit. Ek belowe jou! En wat is makliker as om jou ouers te manipuleer. Ek het toe vir my ma-hulle begin geld vra en as hulle nie vir my wil gee nie, het ek hulle so sleg laat voel dat hulle op die ou einde tog maar vir my geld gegee het.
Toe my ma-hulle nie meer kon gee nie, het ek my ma se bankkaart begin steel en geld gaan trek vir dwelms. Dit was die geld waarvoor my ma so hard gewerk het. Haar geld. En dan gaan trek ek dit vir dwelms. Maar dink julle ek het geworry. Glad nie glad nie. Toe my ma-hulle my uitvang, het ek maar net weereens vir hulle gelieg. Maar toe vat dinge 'n helse draai en ek begin self dwelms te "deal" - onder my sogenaamde vriende. Begin vir dealers met my pa se kar groot hoeveelhede tik aanry - net vir 'n hit. As die polisie my daardie tyd moes aftrek, sou ek vandag nog in die tronk gesit het. Maar ek het regtig geen emosie of geen gevoel in my gehad nie. Geen. Ek het later so baie tik begin rook dat ek alle verhoudings met my ware vriende verloor het en so ook met my ouers en broer.
En toe vang my pa-hulle my een aand waar ek in my bed lê , uitgepass van hopeloos te veel tik rook. My ma en pa was stukkend. Hulle kon dit nie glo nie. Nie hulle kind nie. Hy was dan altyd so voorbeeldig en goed gemanierd. So, moenie dink dit kan nie met jou of jou kinders gebeur nie, want dit kan. Niemand is gevrywaar van dwelms nie - dit maak nie saak wie of wat jy is, of waarvandaan jy kom nie. Jy kan so gou soos in 'n halfuur verslaaf raak aan dwelms, veral aan tik. Nadat my pa-hulle my gekry het, was vir drie dae daarna so swak, omdat ek nie 'n fix kon kry nie, dat ek nie eers uit die bed kon opstaan nie, omdat ek partykeer tot 10 dae lank niks geslaap het nie en tik onttrek al jou kragte uit jou uit. Ek het besef dat ek rock bottom getref het en hard.
Maar dis nie waar alles geëindig het nie. Ek het toe weer daarna gebruik en om 'n lang storie kort te maak is ek in 2006 rehab toe.
Nou almal weet dat rehab nie baie lekker is nie en veral om deur die withdrawal te gaan is glad nie lekker nie. Ek het baie in die eerste 4 maande van rehab af terug gehike huis toe, vanaf De Aar tot in die Kaap, net om weer te kom tik rook. Later het dit net te erg geraak en ek het weer probeer weghardloop en die polisie het my gevang en so is ek toe tronk toe omdat ek 'n section 22 teen my gehad het, wat beteken dat as ek nie in die rehab is nie moet ek in die tronk wees. Ek was vir tien dae in die tronk en dis verskriklik erg, maar snaaks genoeg dis waar die keerpunt in my lewe gekom het. Ek het toe in die tronk my lewe vir die Here gegee en van daaraf het dit net beter begin gaan. Sonder Hom sou ek vandag of dood of nog in die tronk gewees het.
So vat my raad en sny die dwelmhel af voor dit jou tref, want as dit jou tref is dit hel. Wat ek probeer sê is dat ons almal vatbaar is vir dwelmverslaafheid. Maak nie saak wie jy is nie. Hou op dink dit kan nie met jou gebeur nie, want dit kan. Praat met mense daaroor as jy verslaaf is. Dis nie 'n ding om oor skaam te wees, want deur middel van skaam wees, verwoes jy jou lewe en die mense rondom jou se lewe.
Ek hoop my storie laat julle wakker skrik en julle laat besef dat dwelms 90% van die keer die oorsaak van misdaad is en as ons die bron van misdaad, wat dwelms is, kan verwoes sal ons so ook ons lieflike dorp Wellington van misdaad kan bevry. Dis 'n wen-wen situasie.
Waardeer wat jy het want jy weet nie wat jy het tot jy dit nie meer het nie. Stop dwelms asb. Jy is nie cool as jy dwelms gebruik nie. Jy's 'n freak!
Dwelms en Trane!
 (http://www.toortsie.wordpress.com) Vertelling gegrond op ware gebeurtenis. Voordat jy nie in hierdie omstandighede vasgevang is nie, sal jy nooit kan verstaan waardeur die ouers en geliefdes van 'n dwelmverslaafde gaan nie.


"Carlo is dood, my kind is dood,” snik my vriendin oor die telefoon. My liggaam word lam, “Net nie dit nie, net nie hierdie ‘hart se punt’ seun van haar nie!!” Vrae gaan deur my kop, maar my tong wil nie saamwerk nie. “Ek kom,” sê ek vir haar, en druk die selfoon dood. Soos ‘n slaapwandelaar trek ek skoon klere oor ‘n vuil lyf, borsel my tande, en vat die kar se sleutel. “Hoe is dit moontlik, hy is dan net gisteroggend van sy ma se meenthuis af weg Kaap toe. Was dit ‘n motorongeluk?
Voordat ek klop maak haar kleindogter vir my die deur oop. ‘n Paar treë agter haar staan die gebroke figuurtjie van haar met wie ek die afgelope sewe jaar so ‘n nou pad saamloop. Ek maak my arms oop. Gewilliglik loop sy daarin en snik haar roukrete teen my bors uit. Oor haar kop ontmoet haar kleindogter se oë myne. In haar oë lees ek dieselfde vraag as diè waarmee ek worstel, “Hoe gaan hierdie sagte mens wat lyk asof sy eerder in ‘n kas saam met porseleinware toegesluit moet word, hierdie slag oorleef.”
Woorde in die aangesig van dood is nutteloos; dit breek uitmekaar en val grond toe. Ons sit op haar bed; haar hand in myne. Met tye hang daar net ‘n swaar stilte in die kamer. Wanneer haar liggaam begin ruk, en sy pleitend uitroep dat dit nie waar kan wees nie, trek ek haar teen my vas, en op my beurt roep ek sonder woorde tot God vir vertroosting. “Watter pad gaan die grootste hel wees,” wonder ek stilweg. “Die een van ‘n moeder se jarelange stryd en smart oor ‘n dwelmverslaafde seun. Of die een wat nou vir haar voorlê?”
Haar man is op veertigjarige ouderdom oorlede. Toe sy huilend die hospitaalkamer uitstrompel was haar hulproep tot God, “Hoe gaan ek Carlo grootkry?” Daar was nog twee kinders; haar oudste seun in matriek, en ‘n dogter in standard agt. Maar dit was die fynbesnaarde, en kunstige Carlo, in standard sewe, wat ‘n beklemming om haar hart gebring het.
Deur sy tienerjare het hy vir baie slapelose nagte gesorg. Maar het tog goed presteer, argitekwese gaan swot, en hom as ‘n bekwame argitek gevestig. Geld was nie meer ‘n kwessie nie. Hy het ‘n pragtige vrou getrou, twee dogters gehad waarvoor hy hartstogtelik lief was, eiendomme besit, en ‘n avontuurlustige lewe gelei. Die “mooi” prentjie het egter van kleur begin verander. Langs hierdie pad van sukses het dwelms ‘n houvas op hom gekry. Sy huwelik het verkrummel, sy eiendomme is ingesluk, en party nagte het my vriendin hom by die Nigeriërs gaan loskoop, deur sy dwelmskuld by ‘n woonstel in gevaarlike Sunnyside te gaan betaal.
Saam met hom het my vriendin en haar gesin hoë golwe gery, om net weer die dieptes ingetrek te word. Dit was ‘n alleenstryd. Min mense verstaan hierdie hellepad, dus is dit nodeloos om daaroor te praat. Toe ons paaie kruis het ons aanklank bymekaar gevind. Sy was die ma van ‘n dwelmverslaafte kind, en ek was die ma van ‘n dogter wat met ‘n dwelmverslaafte getroud is.
By my kon sy huil wanneer hy vir dae aaneen verdwyn, en sy nie weet of hy nog lewe nie. Sy naam en trane het hand aan hand geloop. Ons het die taal en tekens van dwelms verstaan. Die wegsteek van handsakke en kosbare besittings wanneer hulle in die omtrek is. Die leuens, en leë beloftes. Die ronddwalery weens slaaploosheid in die nag, Woedeaanvalle. Gewigsverlies. Rehabilitasie sentrums. Hoop, wanhoop. Bid, bid, bid. Vrees om ‘n telefoon te beantwoord. Verligting as die nuus goed is.
Carlo het besluit om ‘n inplanting teen drankmisbruik te kry. “Nie lank nadat ek drank in my liggaam het nie, soek ek dwelms,” het hy vir sy ma gesê. Dat hy sy lewe wou uitsorteer was seker. Hy het ‘n nuwe liefde in sy lewe gehad. Om weg te kom van die stad, en ou vriende af, het hy sy besigheid Kaap toe verskuif. Dit het gelyk asof hy nou op nege en dertig jarige ouderdom uiteindelik die stryd gewen het. Sy lewe het rooskleurig voor hom oopgelê.
In die daaropvolgende maande het hy dikwels vir besigheid stad toe gekom, en by sy ma tuisgegaan. As argitek was hy in groot aanvraag, en daar was baie werk wat nog hier afgehandel moes word. Diè betrokke week was hy weer by sy ma. Die oggend van sy vertrek het sy agter hom die gang afgestap. “Hy het so pragtig gelyk soos hy daar tas in sy hand, voor my geloop het. Ek het na sy liggaamsbou en bene gekyk en nog gedink hoe ‘n mooi man is hy nie,” het my vriendin een van die vele stiltes verbreek. Sy sou hierdie prentjie nog baie herroep. By die kar het sy hom gesoen, en gewaai tot hy uit sig uit is.
In die Kaap aangekom het Carlo nie dadelik huistoe gery nie, maar by ‘n vriend van hom langs gegaan. Die omstandighede rondom hierdie kuier is duister. Gedurende die nag is hy in sy slaap, by sy vriend aan huis oorlede.