Die Rots is 'n christelike nie-winsgewende organisasie gestig deur Amanda Swart wat hom beywer om hulp in die vorm van ondersteuning en rehabilitasie aan die dwelmverslaafde en sy gesinslede te verskaf. Die verslaafde wat hier kom aanklop, sal inwoon. Fondse gaan genereer word deur die inwoners self deur verskeie projekte wat aangepak gaan word. Sielkundige sowel as mediese dienste sal verskaf word.
Wednesday, 16 October 2013
Die Rots gaan Blog!
Welkom aan 'n ieder en 'n elk by Die Rots se blog! Maak asb 'n knoop in jou hare of knoop jou veters sodat jy kan onthou om gereeld op hierdie blog van Die Rots in te loer. Dit gaan 'n lewendige omgewing wees met baie stof tot nadenke. Nie net gaan die persoon wat aan dwelms verslaaf is, hier ondersteuning kry nie, maar elkeen van ons sal met iets hier kan wegstap! Die gesinslede en vriende van 'n verslaafde sal hier kan inloer om morele ondersteuning te kry en nuwe krag om die euwel van verslawing vierkantig in die oë te kyk! Versprei Die Rots se blog tussen jou vriende, familie én "vyande" (LOL), want julle is Die Rots se oë en voete! Al bereik ons net één persoon wat in die kloue van verslawing vasgevang is, beteken dit baie!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment