"The three C's:
You did not Cause it!
You cannot Control it!
You cannot Cure it!"
"'n Deel van die proses om tot terme te kom met die verslawing van jou kind of iemand wat jy liefhet, is 'n periode waar jy jouself blameer en gedagtes waar jy glo dat jy iets kon doen om dit te voorkom of te keer.
1. You did not cause it:
Ek onthou dat ek deur 'n tydperk van selfondersoek gegaan het oor wat ek as ouer gedoen of nie gedoen het nie wat veroorsaak het dat my kind aan dwelms verslaaf raak. Tydens 'n ondersteuningsgroep vergadering het ek gehoor hoe 'n gerehabiliteerde verslaafde dit deel met almal dat dit nie saak maak wat sy ouers gedoen of nie gedoen het nie, hy nog steeds sou dwelms gebruik. Op daardie oomblik het ek begin besef dat ek slegs 'n toeskouer by hierdie dwelm chaos was. Dit was my kind se keuse om dwelms te begin gebruik. Deur van sosiale druk en aanvaarding te leer het ek begin verstaan wat ons jongmense in die gesig staar. My kind het dwelms begin gebruik saam met haar vriend wie op daardie stadium 'n groot invloed op haar gehad het. Ek kan egter nie die skuld alleenlik op hom pak nie, want my kind kon NEE gesê het.
2. You cannot control it:
Ek is dikwels gevra wat ek sou gedoen het as ek geleer het van haar dwelmmisbruik voor die krisis wat haar gedwing het om na haar verslawing te kyk. Die werklikheid is dat daar niks is wat ek effektief kon gedoen het om haar gedrag te stop, anders as om by 'n ondersteuningsgroep aan te sluit en begin leer oor die waardevolle gereedskap wat jou sal bemagtig teen hierdie onhoudbare situasie. Een van die "gloeilamp" oomblikke wat ek ervaar het, was toe my dogter in die vroeë ure van die oggend ná 'n aand uit: - 3 of 04:00 by die huis gekom het. Ek het hulpeloos gevoel, en het baie nagte nie slaap nie totdat ek gehoor het dat sy inkom. Ek het by die ondersteuningsgroep geleer dat ek geregtig was om strenger reëls vir haar op te stel terwyl sy in my huis bly soos byvoorbeeld om 'n "aandklokreël" in te stel sodat ek 'n ordentlike nagrus kon kry - maak nie saak of sy ouer as 21 is nie. Ek het begin om stelselmatig beheer van my huis en omgewing te neem. Dit het baie goed gevoel! Nadat sy die rehab verlaat het, ek het agtergekom dat ek, nadat sy die rehab verlaat het, haar herstel probeer beheer het. Solank as wat sy haar NA groepe bygewoon het, haar terapeut gesien het en die Twaalf stap gedoen het, was ek veilig. Ek het uiteindelik begin besef dat dit net my eie "herstel" was wat ek kon beheer.
No comments:
Post a Comment