Die Rots is 'n christelike nie-winsgewende organisasie gestig deur Amanda Swart wat hom beywer om hulp in die vorm van ondersteuning en rehabilitasie aan die dwelmverslaafde en sy gesinslede te verskaf. Die verslaafde wat hier kom aanklop, sal inwoon. Fondse gaan genereer word deur die inwoners self deur verskeie projekte wat aangepak gaan word. Sielkundige sowel as mediese dienste sal verskaf word.
Wednesday, 16 October 2013
Hoekom fondsinsamelingsprojekte?
Amanda en haar helpers, almal mense wat 'n passie het om hulle medemens in nood te help, is sedert vroeg hierdie jaar al besig om fondse in te samel. Die hele idee is om die dienste van Die Rots tot die beskikking van almal in die Paarl en omgewing te maak en daarom moet dit baie bekostigbaar wees. Daar gaan met ander woorde gepoog word om die finansiƫle kostes wat vir behandeling betaal moet word, so laag as moontlik te hou. Wanneer Die Rots in volle werking is, sal fondse, met die bydraes wat deur die inwoners gelewer word, gegenereer word om in al die daaglikse behoeftes te voorsien. Inwoners sal betrek word by daaglikse take en op so 'n manier gaan die persoon in nood ook nie nutteloos voel nie wat weer gaan beteken dat sy of haar selfbeeld 'n hupstoot gaan kry.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment