ADDICTION AS BRAIN DISEASE (AFRIKAANS)
Is VERSLAWING 'n breinsiekte of gebrek van
wilskrag?
Lesing deur dr. Lize Weich op 26 Junie 2012 by
Olivae, Worcester
Verslawing is 'n komplekse, chroniese toestand
met baie negatiewe gevolge. Alle dwelms beïnvloed die beloningspad in die brein
deur die neurotransmitter dopamien. Dit vervang en kaap die natuurlike vreugde meganisme.
Alle eksperimentering met dwelms is vrywillig.
Verslawing ontwikkel as siekte en dwelms veroorsaak veel meer skade as dit
gebruik word deur die jeug onder 21 as die breinnog in ontwikkeling is. Die
jeug dink nie oor die langtermyn gevolge van dwelms nie en reken hulle sal nie
verslaaf raak nie. Dwelms veroorsaak dat breinselle verander wat lei tot kompulsiewe
dwelmgedrag.
Fases van verslawing:
Eksperimentering
Beheerde gebruik
Roekelose misbruik
Breinveranderinge
Afhanklikheid
Volkow het breinskanderings gedoen om die
veranderinge aan te toon wat deur dwelms veroorsaak word. Die reseptore in die
brein verander en elektriese impulse verander na chemiese interaksie. Gedrag
verander dus na 'n obsessie met dwelms. Volgens Maslow se hiërargie van
behoeftes is die onderste lyn van basiese behoeftes vir oorlewing, beskerming,
kos, warmte, skuiling, higiëne, ens. Vir die dwelmverslaafde word dwelms die
onderste lyn van behoeftes en hy gee nie om vir basiese behoeftes nie as gevolg
van die hoë vlak van dopamien. Gedrag word kompulsief en dwelms kan nie sosiaal
en op 'n beheerde manier gebruik word nie. Die dendritiese uitgroeisels op die
korteks van die brein verandering van vorm as gevolg van dwelms.
Van heroïenverslaafdes sterf 25% deur
toevallige oordosis. Genetiese oorer-wing en die omgewing veroorsaak dat 40%
tot 60% kinders van verslaafdes meer kwesbaar is vir verslawing. Dwelmgesprekke
kan lei tot euforiese herroep-ing en terugval. As gevolg van dwelms kan die
normale brein-stroombane nie behoorlik funksioneer nie. Baie dwelmverslaafdes
kan nie rasioneel dink en hulle
stresbeheer is gebrekkig. Hulle raak hipersensitief is vir enige vorm van
stres. Verslawing is gekondisioneerde leer en terugvalle kan veroorsaak word
deur klanke, items, gewoontes, roetine, geld, vriende, ens.
Daar is baie faktore wat veroorsaak dat
sommige dwelmgebruikers verslaaf raak.
'n Hoër vlak van dopamien reseptore kan jou beskerm teen verslawing. Positiewe,
genotvolle aktiwiteite verhoog plesier en om goed te voel sonder dwelms, soos
oefening, goeie kos, getuienis, om ander te help, ens. Niemand begin dwelms
gebruik met die bedoeling om verslaaf te raak nie. Verslawing gebeur met eksperimentele
gebruikers wat die vroeë waarskuwingstekens van verslawing ignoreer.
Dwelmverslawing word 'n breinsiekte as gevolg
van die veranderinge in die brein veroorsaak deur die chemikalieë in dwelms,
alkohol, nikotien en medika-sie. Daar is geen kuur vir die breinsiekte nie,
maar met volle onthouding van alle middels kan die siekte bestuur word en
verslaafdes kan gelukkig en suksesvol leef. Dit is 'n lewenslange siekte en
verslaafdes kan nie leer om alkohol of dwelms sosiaal te gebruik nie. Die
veranderinge aan die dendriete in die brein is permanent. Sterk wilskrag kan
nie help om die brein te laat herstel nie. Die besluit om verslawing te oorwin,
om te gaan vir behandeling, om jou lewenstyl te verander, om te detoksifiseer
onder mediese toesig, om versoeking te weerstaan en om smagting te
hanteer kan slegs deur die verslaafde gemaak word. Herstel is baie makliker as
'n behoorlike nasorgprogram gevolg
word en as jy by 'n ondersteuningsgroep soos CAD aansluit.
Opgesom deur Kobus Pienaar
CAD ORGANISEERDER
No comments:
Post a Comment