OPTREDE DEUR FAMILIELEDE VAN MIDDELAFHANKLIKES
Familielede is dikwels onkundig oor hoe hulle moet optree
wanneer daar `n alkohol- of dwelm-verslaafde in die familie is. Min mense is
opgelei om verslawing reg te hanteer. Verkeerde optrede kan die probleem
vererger en kan al die betrokkenes se lewens verwoes.
Wat gesinslede moet doen:
Ø
Erken dat verslawing `n breinsiekte is en dat
dit enige mens kan tref
Ø
Besef dat die persoon nie doelbewus verslaaf
geraak het nie
Ø
Leer om empaties te luister sonder om kwaad te
word
Ø
Probeer verstaan hoe dit is om verslaaf te wees
Ø
Leer voortdurend oor verslawing en die gevolge
en simptome daarvan
Ø
Sluit aan by `n steungroep vir familielede soos
CAD, Alanon of Naranon
Ø
Raadpleeg deskundige professionele persone
Ø
Laat die persoon onverwags urinetoetse doen,
veral na riskante situasies
Ø
Maak seker dat urine nie omgeruil word nie
Ø
Besef dat die familie se verkeerde optrede kan
bydra tot die probleem
Ø
Voorsien toegang tot hulp wanneer dit versoek
word
Ø
Neem self besluite en voer dit uit
Ø
Tree dadelik op as eiendom beskadig of gesteel
word of as jou veiligheid bedreig word
Ø
Beklemtoon die positiewe eienskappe van die
verslaafde wanneer middels afwesig is
Ø
Verklaar jou liefde vir die persoon, maar ook
jou teensin in die middels
Ø
Geniet jou eie lewe en stel `n goeie voorbeeld
van lewensvreugde sonder middels
Ø
Lewe gesond en sosiaal, doen oefening en behou
vriendekring
Ø
Aanvaar dat jy `n belangrike rol vervul in die
herstelproses
Ø
Beskryf die probleme wat deur middels veroorsaak
word wanneer dit gebeur
Ø
Bly kalm en vriendelik ten spyte van uitlokking
en uittarting
Ø
Tree vining en beslis op in `n noodgeval
Ø
Wees eerlik en openlik met die verslaafde
Ø
Oorweeg `n hofbevel, kommittering en `n interdik
as samewerking geweier word
Ø
Aanvaar dat ingryping, konfrontasie en
motivering moeilike prosesse is
Ø
Kry opleiding en lees boeke om hierdie prosesse
reg te laat geskied
Ø
Aanvaar dat die verslaafde self moet besluit om
gesond te word
Ø
Moedig klein suksesse aan en beloon dit, prys
positiewe verandering
Ø
Woon afsprake saam met die verslaafde by
Ø
Tree dadelik op as daar `n glips of terugval
plaasvind
Ø
Raak betrokke in die gemeenskap en en deel jou
ervarings op die herstelpad
Ø
Beklemtoon die belangrikheid van `n deeglike,
multi-dissiplinêre evaluasie
Ø
Gee hoop aan andere in soortgelyke of erger
omstandighede
Ø
Maak nasorg deel van jou familie se lewe,
herstel is lewenslank
Ø
Wees trots op die oorwinning oor verslawing en
getuig daaroor
Ø
Wees voortdurend waaksaam, nederig en versigtig
Ø
Neem voorregte weg as direkte gevolg van gebrek
aan samewerking
Wat gesinslede nie moet doen nie
Moenie:
Ø
Dink dat die verslaafde verslaaf wil wees nie
Ø
Skel, kwaadword, blameer, preek, afpers, vloek,
slaan, straf, ens. nie
Ø
Die probleem ignoreer of wegwens nie
Ø
Jou distansieer van die verslaafde nie
Ø
Dink dat die probleem self sal weggaan nie
Ø
Onvoorwaardelik vertrou en alles glo nie
Ø
Dreigemente maak wat jy nie kan uitvoer nie
Ø
Gevange gehou word deur die dwelmmiddels nie
Ø
Mede-afhanklik word al gebruik jy self nie
middels oormatig nie
Ø
Gemanipuleer, besteel en belieg word nie
Ø
Drastiese oor- of onderreaksie toon nie
Ø
Die verhouding onherstelbaar laat verbrokkel nie
Ø
Die verslaafde blameer nie, blameer die middels
Ø
Onaanvaarbare en kriminele gedrag toelaat nie
Ø
Jou eie lewe afskeep en soos `n kluisenaar lewe nie
Ø
Verantwoordelikheid aanvaar vir die verslawing
nie
Ø
Die negatiewe gevolge van verslawing alleen dra
nie
Ø
Die verslaafde instaatstel om maklik middels te
gebruik nie
Ø
Geheime in die familie toesmeer nie
Ø
Jouself blameer vir die verslawing en skuldig voel nie
Ø
Skaam wees oor die probleme wat dwelms in die
huis veroorsaak nie
Ø
Ander blameer vir die verslawingsprobleem nie
Ø
Ander verantwoordelik hou vir die herstelproses
nie
Ø
Moed verloor as daar `n glips of terugval is nie
Ø
Die stryd alleen probeer stry nie
Ø
Jouself isoleer en vereensaam nie
Ø
Tyd en geld probeer spaar met `n oppervlakkige
evaluering nie
Ø
Opgee nie
CAD ORGANISEERDER
BRONNE:
Barnard, A. 1994. Wie is dit wat onnodig seerkry?
Hitzeroth, V. en Kramer, L. 2010. Die einde van verslawing.
CAD Groepbesprekings en Werkboek.
No comments:
Post a Comment