Musiek..pes of plesier?
Daar is musiek en mu-SIEK. Die eerste soort is daardie tipe klank samevoegings wat perfek tot die sinne spreek en jou meevoer na ‘n heerlike geesteswêreld.
Die mu-SIEK is daardie oorpyn-en irritasiemusiek wat orals teen mens se sin aan jou opgedwing word.Wanneer ek in ‘n klerewinkel kom,is ek nie lus dat die vals nood(t)krete van ‘n “kunstenares”met ‘n vlymskerp blêrstem,my oordromme opkerf nie.Ek wil in stilte my klere uitsoek en aanpas.
Dan is daar die liewe “agtergrond” musiek,waar die desibels so hoog is,dat dit ‘n vegvliegtuig,wat deur die klankgrens bars,na ‘n sagte briesie laat klink.Tussen die lawaai deur,moet mens kuier en ‘n gesprek probeer voer.Dis veral jaareindepartytjies wat hulle hieraan skuldig maak.
Die grootste pyniging is definitief daardie eentonige geprate “musiek”(Rap).Dit voel of iemand boor en boor in my brein in en net as ek dink dis verby,dan dril die boor vir ‘n laaste encore,nog so vyf tot tien minute langer tot binne in my breinstam!
My doodsteek is wanneer iemand van sy “baby” sing.In Engels of Afrikaans klink dit ewe vertraag.
Wanneer ek hierdie tyd van die jaar ‘n winkel ingaan,kners ek op maat van Jingle Bells,Rudolph the Rednose Reindeer en Little Drummer Boy,dat my tande agterna los en stomp voel.
Opgezoepte karre wat lyk of hulle asemhaal van die woeste klankgolwe wat kloppend teen die bakwerk timmer,is een van my padnagmerries.
Elke diertjie het sy plesiertjie en elkeen se musieksmaak verskil,maar moet dit net nie op ander afdwing nie.

No comments:
Post a Comment