Tuesday, 3 December 2013


ADDICTIVE THINKING   1997   ABRAHAM J TWERSKI
 
Moet jy eers ‘n laagtepunt bereik (rock-bottom)

 -              werklike herstel van verslawing is meer as onthouding van middels

-              verander patologiese denke na gesonde denke

-              verslawing is verwarde persepsie

-              laagtepunt is krisis of reeks negatiewe gebeure, dit is nie noodwendig familieverlies, werkverlies, totale ramp nie

-              insident wat verslaafde laat besluit om te verander

-              werknemer kan verwys word vir behandeling of kan ontslaan word

-              hoe vroeër die krisis ontstaan, hoe beter

-              vir jong verslaafdes kan ‘n laagtepunt wees om nie huisvesting of ouerlike ondersteuning te hê nie

-              mense kies altyd om te beweeg van groter ongemak na minder ongemak

-              alkohol of dwelms verskaf inligting van ongemak, soos angs, depressie, eensaamheid, selfbewustheid of kompulsie

-              om op te hou gebruik veroorsaak dus groter ongemak en daarom is dit moeilik om sukses te behaal met behandeling

-              sukses is slegs moontlik as persepsies verander, mense moet leer om middels as groter ongemak te sien as herstel

 
Hoe verander persepsie?

 
-              middels veroorsaak die volgende ongemak:

§  verlies van respek van familie en vriende

§  gevaar om werk te verloor of nie werk te kry nie

§  swakker prestasie

§  gesondheidsprobleme

§  voel sleg die volgende dag

§  sinsbedrog

§  ongelukke en wonde

§  stuiptrekkings

§  swakker geheue

§  gevaar van tronkstraf

§  waanbeelde

-              wanneer bogenoemde erger word as verligting is die persoon gereed om sy persepsie te verander

-              rock-bottom is wanneer ongemak wanweë middels erger word as verligting

-              terugval gebeur wanneer onthouding groter ongemak veroorsaak as middelgebruik

-              die natuurlike ontwikkeling van verslawing sal ‘n laagtepunt (rock-bottom) insluit, maar mense probeer die ongemak vir die verslaafde verwyder deur namens hom te jok, medikasie te kry, geld te voorsien, take namens hom te doen, gratis huisvesting te voorsien, ens.

-              natuurlike ongemak weens middels is anders as straf, want straf is pyn wat van buite toegedien word.  As ‘n verslaafde bv sy huwelik as rede vir verslawing sien, sal hy skei eerder as ophou drink.  Dit is eers wanneer alkohol as die oorsaak gesien word dat soberheid as opsie oorweeg kan word

-              verslaafdes moet die beloning en voordele van soberheid sien om hulle persepsie te verander.  Hulle moet dus suksesvolle geheelonthouers ontmoet as gelukkige en produktiewe mense

-              familie, vriende en kollegas se aanprysing, herwinning van selfbeeld en werk is belonings van soberheid

-              doelwitte moet in klein stappies bereik word

-              soberheid is moontlik wanneer ‘n laagtepunt beleef word en die voordele van herstel besef word

1 comment:

  1. goeie-more, dit is linda en billy vos van pretoria noord...ons seun, 15jaar oud snuif? alles wat hy in die hande kry...kan iemand dalk ons help asseblief...ons het nie vervoer nie en ek kry net sassa ouderdoms pensioen..baie dankie 0827601827-billy 0729509118-linda


    ReplyDelete